Mesvaardigheid – die verantwoordelikheid van die swaard van die Woord in my hand
top of page

Mesvaardigheid – die verantwoordelikheid van die swaard van die Woord in my hand


Mastering basic knife skills is one of the most essential parts of cooking, along with keeping your knives sharp. A sharp knife not only allows you to work faster, but safer. When your knife is blunt the amount of pressure needed to cut through food is much greater, one slip can result in a nasty injury. Sien www.greatbritishchefs.com

Ons is ‘n familie van kosliefhebbers wat nie net resepte uitruil nie, maar ook wenke oor messe – onder andere hoe om hulle skerp te maak. Ons hanteer ons messe met respek en leer die jonger geslag die basiese mesvaardighede.

In die Bible in One Year app haal Nicky Gumble Psalm 149:6b aan wat van God se troue dienaars sê: “in hulle hand is die swaard, alkante geslyp.” (Hier aangehaal uit 1983 Vertaling) Dit herinner aan die wapen in die hand van elke Christen: die Woord van God wat soos ‘n swaard met twee snykante is.

Net soos wat ek nie my vlymskerp koksmes roekeloos kan rondswaai nie, maar dit moet leer ken, dit skerp hou en die kuns ontwikkel om dit effektief te gebruik, moet ek ook daardie “swaard met twee snykante” leer ken. Ek moet die Bybel (die Woord van God) bestudeer om dit effektief te kan aanwend. Om bloot af en toe net ‘n stukkie te lees gaan nie voldoende wees nie. Ek moet die tyd spandeer om biddend die Bybel te bestudeer, God vertrou om my te wys hoe dit op my lewe, my daaglikse handel en wandel, van toepassing is. Om sleutelverse te memoriseer, veral dié wat my geraak of bemoedig het, is van onskatbare waarde wanneer ek die aanslae van my vyand (die duiwel) moet afweer wanneer hy twyfel en twis in my lewe wil saai. Dit doen ek deur toepaslike Skrif te kwoteer soos wat Jesus tydens sy versoeking in die woestyn gemaak het.

Die Woord van God sny diep en akkuraat, en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. (1983 Vertaling) In die proses bring dit tekortkominge en sonde in my eie lewe aan die lig, en later moontlik in die lewe van ander ook. In hierdie geval is dit uiters belangrik dat ek versigtig sal wees om dit nie onverantwoordelik, roekeloos en onoordeelkundig aan te wend nie. Wanneer ek wel inspraak in ander se lewe moet lewer, moet ek versigtig wees om dit met liefde en wysheid te doen.

Nickie Gumble noem die verantwoordelikheid om hierdie “swaard” in my hand te hou, “an extraordinay gift, privilege and honour.” (BiOY)


bottom of page