Een maak een
top of page

Een maak een


Eenheid is die hartklop van God. Hy is een. Hy wil ook sy EEN-heid met ons deel. God wil nie alleen wees nie. Hy wil sy hart met ons deel. God se eenheid met sy Seun en die Gees, soos wat Jesus dit in Johannes 17 ook vir ons afbid, moet konkreet met ons gedeel word. Daarom dat die Gees gekom het om ons almal een te laat wees.

Miskien mis die kerk te veel kere hierdie faset van die Gees se werk. Ons praat graag oor sy vervulling en doop. Ons praat ook oor hoe die Gees ons laat getuig. En ons verduidelik hoe die Gees sonde in ons lewens hokslaan. Maar praat ons ooit oor sy eenheid-skeppende werk? Dis immers nie maar net ‘n onderdeel van al die dinge wat Hy doen nie. Nee, volgens Paulus is dit juis die groot werk van die Gees in die kerk. Hy maak dat ons oor Jesus praat en dat almal wat glo nou een is. Die Gees vat verskeidenheid in die kerk uit die pad. Hy maak ons almal saam een kerk!

Die Gees kan verskeurdheid nie uitstaan nie. Dat Christene elkeen op hul eie mikstokke rondsit en heeltyd onder mekaar stry en baklei, staan Hom net mooi niks aan nie. Daarom dat Hy jou en my nadertrek aan mekaar. Hy doop en deurdrenk ons met Homself.

Gebed

Heer Jesus, laat my gehoorsaam aan u Gees se leiding wees en skeidsmure afbreek. Amen


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page