Laat toe dat die Gees jou vul
top of page

Laat toe dat die Gees jou vul


‘n Pen sonder ‘n refill beteken niks. Hy’s leeg en nutteloos. Ek en jy kan kinders van God wees en steeds leeg en nutteloos wees ... as ons nie met die Heilige Gees gevul is nie. Daarteenoor is Geesvervulde kinders van God mense wat kragtig in sy hand gebruik kan word.

Wie dink jy skryf die storie van jou lewe? Skryf jý alleen daaraan, dikteer ánder mense jou storielyn of laat jy jou deur die Gees lei? Wanneer jy toelaat dat Hy jou vol maak met sy teenwoordigheid, lees jou lewensverhaal ánders. Dan lees mense iets van God se liefde en skoonheid in jou storie. Geesvervulde kinders het die vermoë om:

  • God se liefde aan die wêreld te demonstreer;

  • vredemakers te wees in tye van konflik;

  • wysheid te toon wanneer daar antwoorde gesoek word;

  • rustigheid te bring waar daar onvrede is; en

  • iets van God self vir ander te gee.

Kom ons maak seker dat ons harte elke oggend propvul gevul word met die ink van die Heilige Gees. Dan sal daar – ongeag wat met ons gebeur – ‘n goue draad van genade en goedheid dwarsdeur ons lewens loop.

Gees van God, vul my asseblief op hierdie oomblik met U ... en moet my nooit, nooit verlaat nie.


bottom of page