Dissipline met of sonder die roede
top of page

Dissipline met of sonder die roede


James Dobson in “Dare to Discipline”, Kingsway Publications Eastbourne, 1988 p.204 wys daarop dat die beginsels van dissipline wat hy in hierdie boek opgesom het, reeds beskryf was in die vroeë Heilige Geskrifte.

In Tim. 3:4-5 word die pligte van ouderlinge en terselfdertyd van alle vaders duidelik uiteengesit. “Hy moet sy eie huisgesin goed kan bestuur met kinders wat hom respekteer en gehoorsaam” (NLV).

In die brief aan die Hebreërs herinner Paulus die groep Joodse Christene dat hulle moet onthou dat swaarkry deel van God se opvoedingsprogram Is: “My kind, jy moet dit nie geringskat as die Here jou dissiplineer nie. Moenie ontmoedig word as Hy jou aanspreek nie. Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is. Hy tug elkeen way Hy as Sy kind aanneem” (Heb. 12:5-6).

Die doel van hierdie skrifgedeelte is om te wys dat die ouer se verhouding met die kind gebaseer moet word op God se verhouding met die mense. Paulus skryf in Ef.6: 1-3. “Kinders omdat julle in die Here glo, moet julle aan julle ouers gehoorsaam wees. Dit is mos die regte ding om te doen! “Eer jou Vader en jou Moeder dit is eerste van die tien gebooie waaraan ‘n belofte verbind is: Sodat dit met jou goed mag gaan en dat jy lank op die aarde mag lewe”.

Aan pa’s sê Paulus dat hulle nie hulle kinders so moet behandel dat hulle verbitter word nie, maar moet hulle opvoed met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra. (Ef.6:4)

Volgens S.T. Potgieter, in “Die merkwaardige wysheid van Salomo”, Carpediem, 2015, is daar ‘n aantal verse in Spreuke wat oor die “roede” gaan, maar daar is heelwat meningsverskille oor die interpretasie daarvan. Spreuke 22:15 lui: “Astrantheid is eie aan ‘n seun; ‘n pak slae haal dit uit hom uit. Spreuke 23:13 lui: “Moenie bang wees om jou kind te dissiplineer nie hy sal nie dood gaan van ‘n pak slae nie”. Spreuke 13:24 lui: “Hy wat sy seun nie dissiplineer nie, het hom nie regtig lief nie Spreuke 29:15 lui: “ ’n Pak slae en teregwysing bring wysheid”.

Die Gautengse Hooggeregshof het in Oktober 2017 beslis dat lyfstraf vir kinders onwettig is – dat enige lyfstraf teenstrydig met die grondwet is.

Meer en meer ouers sorg deesdae dat hulle kinder weet wat die verskil van reg en verkeerd is en wat verantwoordelikheid vir hulle dade moet aanvaar. Kinders word vertroud gemaak met reëls en wat die gevolge gaan wees as die reels nie nagekom word nie. Hulle word keuses gegee sodat hulle besef dat hulle gedrag en gevolge is hulle eie keuse.

Gee byvoorbeeld vir kinders ‘n keuse as hulle weier om hulle klere van die vloer af op te tel en in die klere kas te bêre. Sou hulle kies om nie hulle klere op te tel nie, kies hulle om die middag na skool nie TV te kyk nie en in hulle kamer te gaan sit


bottom of page