Die pyn van nié-iets-hê-nie
top of page

Die pyn van nié-iets-hê-nie


Dis nie lekker om nié iets te hê nie. Veral nie as dit iets is wat ons met ons hele hart begeer nie. En as ons vir jare oor iets gebid het en daarop gehoop het en dit steeds nie het nie, kan ons nogal maklik só gefokus op ons “leemte” raak dat ons totaal en al vergeet wat ons reeds het. Soos die arme Hanna wat nie kinders kon hê nie en wat later ‘n groot leë plek in haar hart gehad het wat maar net nie gevul kon word nie.

Heel dikwels kan ander mense nie jou spesifieke leemte verstaan nie. “Jy het dan so baie om voor dankbaar te wees”, sal hulle sê. “Waarom sal so iets ‘kleins’ jou dan so ontstel?”, sou hulle vra. Die waarheid is dat daardie gat in jou hart jóú werklikheid is – ongeag al die ander dinge in ons lewe. En dat daar dikwels net één Iemand is wat dit werklik verstaan: Jou Skepper wat jou en jou behoeftes ken.

As jy iemand is met ‘n groot leemte, bid ek dat die Vader ‘n groot pleister oor jóú hartswond sal sit. Weet dat, as dit sý wil is, Hy met sy wonderlike manier van werk oor tyd wel genesing vir jou seer sal gee.

Vader, U ken my hart. Daarom vertrou ek U. Ongeag.


bottom of page