Die Here ken nie “misfits” nie
top of page

Die Here ken nie “misfits” nie


“Somebody is born. Somebody goes to school. Somebody learns to conform. Somebody types a CV. Somebody gets a job. Somebody follows orders. Somebody gets a golden watch. And then, eventually, Somebody dies. And, a Nobody is buried.” So lui Mokokoma Mokhonoana se kort gedig met die titel: “The Confessions of a Misfit.” Hierdie vrees vir middelmatigheid agtervolg baie mense. Niemand wil ’n “misfit” wees nie. Niemand wil as ’n “nobody” leef of doodgaan nie. Niemand hoef ook nie. Een saak wat die Bybel ons oor en oor leer is dat elke mens op aarde groot waarde vir God het. Ons is nie maar net ’n spul nommers op ’n onpersoonlike lys vir Hom nie. Of deel van ’n gesiglose massa hier op die planeet nie. God het ons na sy beeld geskep. Boonop het Hy vir Jesus gestuur om ons nogmaals te herskep tot sy eer toe ons ongehoorsaamheid ons lewens bekrap het. Ons lewe tel nou groot voor God. Vir altyd! Ons is nie “misfits” nie. Ons het hoë waarde vir Hom. Kyk dan net watter liefde Hy aan ons bewys het: Hy noem ons “Kinders van God.” En ons is dit ook (1 Johannes 3:1).


bottom of page