top of page

Vrywees is ‘n reis


Miskien het jy na die lees van die vorige stuk nogal gewonder of jy nie ook maar soms die ouer-broer-mentaliteit het wat ander maklik veroordeel nie. Ja, ons wat regtig nogal probeer om die regte dinge te doen, het maar almal ‘n stukkie ouer-broerskap in ons. As ons eerlik is, sal ons besef dat ons tog dalk op ander neersien en onbewustelik verwag dat God ons – wat dan nou kwansuis meer getrou is – met groter seën behoort te bederf.

Nouja, as ons eerlik genoeg was om ons ouer-broer-mentaliteit te erken, is op sigself bevrydend. Ek dink God is net so bly oor ons “tuiskoms” as oor ons jonger broers se huistoekom. Maar ongelukkig is ouer-broer-skap nie iets wat mens in een bekentenis aflê nie. Veel eerder is dit, soos geloof, ook maar ‘n pad van val en opstaan. Ons sal – selfs na ons erkentenis – onsself kort-kort betrap dat ons weer in meerderwaardigheid op ander neersien, weer dink dat ons meer spesiaal is en weer van God verwag om ons beter te behandel.

Ons sal gereeld vind dat ons toe weer op ons “ek”-troontjies geklim het. En dan sal ons maar weer ons Verlosser moet vra om ons daar af te tel en ons voor sy voete neer te sit. Want vry-wees bly immers ‘n reis!

Here, hou my geloofs-nederig asseblief.


bottom of page