Oppas vir daardie drie groot “Y’s”
top of page

Oppas vir daardie drie groot “Y’s”


Waar jy bly

Wat jy ry

Wat jy kry

Ry, bly en kry = ly! Miljoene mense hier op moederaarde ly 24 uur per dag vir dit wat hulle ry, dit wat hulle kry en daar waar hulle bly. Van vroeg tot laat sloof hulle hulleself af vir aardse besittings. Hulle jaag van die een dag na die ander om nog geld te kry, want hulle glo daardie leuen dat nog meer besittings gelyk is aan groter geluk. Hoor hier, dit is eenvoudig nie waar nie. Dan sou almal wat al die regte goed op hulle naam het mos super-gelukkige mense gewees het. Geestelike armoede en bankrotskap teister egter vele se lewens wat sulke leefstyle aanhang. Dit is die dood in die pot om heeltyd agter blydinge, rydinge en krydinge aan te leef. Wanneer jy ‘n “lang-y” slaaf is, is jy nooit tevrede of gelukkig nie. Hou dadelik op hiermee. Doen wat Jesus in Matteus 6:33 voorstel vir ‘n gelukkige lewe: “Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee.”


bottom of page