top of page
deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief — Junie 2017 — Deel 1


Visiekenmerke wat elke kerkleier moet hê

Baie mense het titels en posisies. Posisionele leiers vereis nie talent en leierskapsvaardighede nie – hulle vereis net ’n titel of posisie. Die mense met die kenmerke hieronder genoem is waarskynlik die ware leiers in die gemeente, maak nie saak wat hulle posisie is nie. Leiers lei of hulle nou ‘n titel of hoë posisie het of nie.

Jy kan nie ’n suksesvolle leier sonder ‘n visie wees nie. Jou reis moet ’n bestemming hê.

1.Doeltreffende leiers sien die toekoms voor ander dit sien

Soos leiers hulle dagtaak verrig moet hulle doelgerig wees en pro-aktief wees en moeilike vrae oor die gemeente se toekoms vra. Is ons doeltreffend in die maak van dissipels? Het ons enige invloed op die gemeenskap om ons? Verstaan die lidmate ons bestaansdoel? Sien ons waar ons oor vyf jaar gaan wees? Sien lidmate die uitdagings wat voorlê? Is ons huidige struktuur, personeel en fasiliteite voldoende? Hierdie is maar ‘n paar van die vrae waarmee visioenêre leiers elke dag sukkel.

2. Doeltreffende leiers sien ver in die toekoms in?

Ander sien net van Sondag tot Sondag. Ander sien niks vêrder as die volgende groot byeenkoms nie. Leiers moet arendsoë hê. Hulle sien dinge wat ander mense eers sal sien as hulle nader is. Baie kerkleiers droom oor die verlede of kyk nie verder as die volgende groot gebeurtenis nie. Leiers lei met die toekoms in gedagte. Hulle kyk verby die huidige probleme na ‘n beter seisoen in die toekoms. Hulle kommunikeer en inspireer ander na ‘’n beter toekoms.

As gevolg van hierdie visie verander die gemeente se toekoms Dit groei na die toekoms wat God in die leier se hart geplant het. Hindernisse, probleme en konflik gebeur in die proses. Leiers moet na die toekoms bly kyk al lyk die huidige situasie maar moeilik,

3. Doeltreffende leiers sien die toekoms duideliker as ander

Hulle bring dinge in fokus en maak dit makliker om te sien. Hulle sien dinge wat ander nie raaksien nie en kan verduidelik wat daardie dinge beteken. Dit help om die “hoe” vir die rigting van die kerk te antwoord.

Leiers lei. In die kerk preek en bid hulle ook, maar jy moet die kerk lei na die toekoms. Preek uitmuntend; bid met passie en lei met visie.

Sewe dinge wat elke leier onmiddellik moet verban

Leiers doen elke dag sekere dinge. Party daarvan is waardevol; ander dra niks by nie.

Daar is sekere dinge wat leiers onmiddellik moet uitskakel.

1. Bedoelings

Mense gaan nie jou bedoelings onthou nie. Mense sien net jou optrede. Jou nalatenskap word nie op jou bedoelings gebou nie, maar op jou optrede. Vergeet van jou bedoelings – doen iets.

2. Vermy sekere woorde

As jy dinge gedoen wil hê, moet jy sekere woorde vermy – woorde soos iemand, een dag, iets, ens. “Iemand moet op een of ander tyd iets daaraan doen.” Dit is ‘’n waarborg dat niks gaan gebeur nie. In werklikheid beteken dit leierskap gaan nie oor praat nie – dit is misleiding om net te praat.

3. Onnodige vergaderings

Vergaderings om ‘’n paar uitvoerende besonderhede te bevestig of om die span te sinkroniseer, het min waarde. Te veel leiers mors hulle tyd in vergaderings, in plaas daarvan om dit te doen waarvoor hulle geroep is. Drome sterf meestal in vergaderings. In plaas daarvan dat leiers doen wat hulle veronderstel is om te doen, hou hulle vergaderings oor wat hulle veronderstel is om te doen. Vergaderings is meestal die vyand van werk.

4. Vrees

Vrees maak hoop en moed dood. Baie leiers leef in vrees. Die verskil tussen doeltreffende leiers en ondoeltreffende leiers is hulle reaksie op vrees. Alle leiers voel vrees. Doeltreffende leiers druk deur ten spyte van hulle vrees. Leiers moet net die regte dinge vrees

5. Die begeerte dat mense van jou moet hou

Leierskap beteken dat jy mense na bestemmings neem waarheen hulle nie sonder jou leierskap sou gegaan het nie. Leierskap is moeilik, want dit beteken jy neem mense na plekke waarheen hulle nie natuurlik sou gaan nie. Jy het ‘n keuse: lei mense of fokus daarop dat mense van jou hou. As jy daarop fokus dat mense van jou moet hou, sal jy dit doen waarvan die mense hou. Jy sal verward word. Jy buig agteroor om almal gelukkig te hou. Aan die einde maak jy niemand gelukkig nie Jy sal net nooit die moed hê om te doen wat gedoen moet word nie.

6. Selfsugtigheid

Ambisie kan ‘’n goeie ding wees. Dit is goed om hoop en drome te hê vir jou sending. Selfsugtige ambisie is iets anders. Ambisie maak die dienaars van God dood – hulle word dienaars van hulleself

7. Blameer ander

Dit is maklik om ander vir jou gebrek aan sukses te blameer. As jy nie vorentoe as leier wil beweeg nie, hou net aan om ander te blameer. Die teenoorgestelde van blameer, is verantwoordelikheid aanvaar Groot leiers blameer nooit ander nie, maar aanvaar verantwoordelikheid.

Hoekom verlaat mense die geloof?

Ateïsme versprei veral na Sam Harris (Letter to a Christian Nation) en Richard Dawkins (The God Delusion) se boeke. Die kern van hierdie “Nuwe Ateïsme is die idee dat evolusie geloof in God onnodig maak en mense wat nog in God glo, doen skade aan die samelewing. As jy in wil wees, moet jy God uitgooi.

Wat baie interessant is, is dat dit belangriker in ons kultuur is om geloof uit te gooi as om ‘n ateïs te word. Hulle is totaal onverbonde Hulle sê: “As daar ‘’n God is, is ek nie seker dat ons veel van Hom kan weet nie.”

Hoekom hierdie toename in ongeloof? Daar is natuurlik intellektuele redes, maar ons sal nooit hierdie groep verstaan deur slegs op argumente te fokus nie. Ons geloofsprobleme steek vas in ons denke, maar hulle begin nie noodwendig daar nie.

In Romeine 1:18 – 19 maak Paulus die oorsaak vir ongeloof bekend:

God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Wat ‘n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring.

Hoekom die toename in ongeloof? Hoekom kan ons nie glo at wat God sê waar is nie? Paulus sê dit is nie omdat ons bewyse van God onvoldoende is nie. Die probleem is dat ons sondige harte nie in God wil glo nie. Ons geloofsprobleme is nie primêr intellektuele probleme nie – dit is primêr ‘n probleem met ons harte.

Hoekom glo ons nie? Ons harte begeer twee dinge wat geloof in God nie aan ons bied nie.

1. Ons harte begeer selfverheerliking

Ons glo dat God altyd op maniere sal optree wat ons verstaan. Glo ons werklik dat ons elke doel van ’n alwyse God kan verstaan? Die probleem is dat ons onsself en ons eie wysheid verheerlik het. In die proses verminder ons God se wysheid. Ons soek ons eie verheerliking as ons God tot op ons vlak probeer krimp – as ons ons wysheid teen dié van God stel.

2. Ons harte begeer selfbevrediging

Hierdie mense het gewoonlik eerstens ‘n morele probleem ondervind wat in ‘’n intellektuele probleem oorgegaan het. Baie jongmense as hulle die dag in ‘’n omgewing waar hulle voel hulle is “vry,” verskuif hulle morele kompas om by hulle nuwe lewenstyl aan te pas.

Dit is gewoonlik die hart wat die denke lei. Ons soek eerstens die bevrediging van ons sondige begeertes en dan soek ons regverdiging vir hoekom daardie begeertes nie eintlik so sleg is nie.

Dit is hoekom Paulus sê dat die mense die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Ons harte is so ingestel op selfbevrediging dat ons alles wat dit teenstaan, weerstaan. Dit maak ons blind vir die getuienis vir ons Skepper. Omdat ons glo dat God ‘n hindernis vir ons bevrediging is, kry ons Hom uit die pad deur nie te glo nie.

Ons geloofsprobleme is ’n hartsprobleem. Dit help om intellektuele antwoorde vir ons twyfel te soek, maar meer as dit het ons ‘n antwoord vir ons hartsprobleem nodig. Iemand moet vir ons wys dat ons probleem van selfverheerliking verhoed dat ons insien dat ons gemaak is om God te verheerlik.

Ons het iemand nodig om ons sonde van bevrediging van ons sondige begeertes te neem en vir ons te wys dat in God se teenwoordigheid daar ’n volheid van vreugde vir altyd is. Ons het die Verlosser wat vernedering bo verheerliking gekies het wat gekies het om te sterf eerder as om sy begeertes te bevredig, nodig. Ons het vir Jesus Christus nodig, meer as enigiets anders.


bottom of page