God se wil sessie 10: God se wil is liefde [video]
top of page

God se wil sessie 10: God se wil is liefde [video]


1. Soos reeds gesê: God se wil is ’n heilige lewe.

Hoe word ons heilig?

En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen. 1 Tessalonisense 3:12–13

2. Liefde is die primêre karaktereienskap van ’n heilige lewe.

’n Liefdevolle lewe is “die beste” (1 Korintiërs 13:1). Liefde is die enigste karaktereienskap waaraan God sy eie identiteit koppel: God is liefde (1 Johannes 4:8,16).

Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is. Johannes 13:34–35


bottom of page