God se wil sessie 9: Karakterontwikkeling [video]
top of page

God se wil sessie 9: Karakterontwikkeling [video]


Inleidende opmerkings:

Ons kan self besluit hoe ons keuses maak.

Toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om alleen in Atene agter te bly. 1 Tessalonisense 3:1 Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie... Handelinge 15:28

1. God is baie meer geïnteresseerd in die ontwikkeling van ons karakter as presies waar ons werk en wat ons doen.

So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Efesiërs 1:4 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Efesiërs 2:10 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe… Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. Efesiërs 4:1–3,23–24

2. Indien ons reeds besig is om ons lewe aan goeie dade en ’n heilige lewe te wy, dan val ons binne God se wil

3. Maak die keuses waar jou karakter die beste kan groei en ontwikkel.


bottom of page