God se will sessie 3: Doen góéd! [video]
top of page

God se will sessie 3: Doen góéd! [video]


Inleidende opmerkings: Is ek besig om die wil van God te doen sodat die koninkryk kan kom? God se huisreëls:

  1. Doen góéd!

Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. 1 Petrus 2:15

God se wil het nie in die eerste plek te make met wie ek trou of watse werk ek doen nie, maar hoe ek lewe. Voorbeelde:

- Dien God (v 16) - Respekteer alle mense (v 17) - Wees lief vir die medegelowiges (v 17) - Vrees God (v 17) - Eer die keiser (v 17)

Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees? 1 Johannes 3: 16–17


bottom of page