God se wil sessie 1: Is God se wil ’n raaisel? [video]
top of page

God se wil sessie 1: Is God se wil ’n raaisel? [video]


’n Woord van welkom! Baie welkom by hierdie kort kursus oor die wil van God. Hierdie skyn ’n tema te wees waarmee menige gelowige worstel en waaroor baie mense wonder. In hierdie videoreeks word die Bybel, en veral die Nuwe Testament, ondersoek en word daar prakties gekyk na wat die Here se Woord werklik oor die wil van God te sê het. In hierdie proses het ons gepoog om aan te toon dat God se wil geen raaisel behoort te wees nie. God se wil is vryelik beskikbaar vir almal om te verstaan. Ons het gepoog om wat ons as hedendaagse wanopvattings beskou, reg te stel en op die man af te praat. Ons wens is dat almal wat hierdie materiaal deurwerk die eenvoud sal beleef wat die Evangelie bring, dat almal die bevryding sal beleef van wat dit is om daagliks wyse en kreatiewe besluite onder leiding van die Heilige Gees te neem. Laat Sy wil geskied op Aarde, net soos in die hemel!

Inleidende opmerkings:

- God se wil is nie ’n vaste plan/bloudruk nie. - God se wil is nie ingewikkeld nie. - God se wil is nie fatalisties nie.

  1. God se wil handel oor God.

Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. Johannes 6:38–40

  1. God se wil het ’n Naam: Jesus Christus!

  2. Dis God se wil dat ek met my lewe by sy wil inval.

God se wil: Hoe gaan ek bydra tot die redding van die wêreld? Hoe verheerlik ek God sodat mense Hom kan vind?

Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. 1 Korintiërs 10:31 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom… Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie… Kolossense 3:17, 23


bottom of page