Ekerk | navorsing
top of page

EKERK

NAVORSING

Ekerk Navorsing wil leiers en organisasies help om versigtig te luister, vinnig te leer en voluit te leef. 

 

Deel van hierdie inisiatief is om navorsing te doen wat ons kan help om 'n groter impak in die koninkryk van God te kan maak. Jy kan hierdie verslae gratis aflaai, en dit gebruik net waar en hoe jy wil. Elke verslag bestaan uit verskeie komponente, wat alles hieronder afgelaai kan word. Die inhoud is beskikbaar om vryelik gebruik te word in bedienings en opleiding. Die materiaal word onder 'n Creative Commons lisensie gepubliseer, wat beteken dat dit nie verander of vir kommersiële gewin aangewend mag word nie.

 

As jy enige vrae of voorstelle het oor hierdie navorsing projek, kontak ons gerus hier.

Smily face grafiti

Hierdie navorsing handel oor hoërskooljeug se houding en verhouding met hulle plaaslike kerk. Ons wou hierdie vraag graag van ‘n ander kant af benader deur hoërskole direk te vra om ‘n aantal vraelyste uit te deel ten einde jongmense se houding en verhouding met hulle plaaslike kerk op meer neutrale maniere te meet. Ons glo dat indien ons hierdie navorsing só benader, ons ‘n meer deursigtige en ware weerspieëling kan kry in terme van hoe die jeug van vandag oor hulle plaaslike kerk voel.

Man rading Bible

Ons het 'n meningsopname gedoen om gewone mense se gebruik en verbruik van die Bybel te meet. 

Hoe, waar, wanneer en hoekom lees ons Bybel?

Man praying

Ons beginpunt is ’n omvattende navorsingsverslag wat deur middel van meningsopnames, dataverwerking en interpretasie vir ons ’n volledige prentjie skets van hoe gewone gelowiges in plaaslike gemeentes vandag oor gebed dink, en dit in hulle lewens ervaar.

 

Vandaar is dit ons hoop dat jy met nuwe oë na ! jou eie gebede sal kyk, en ook die plek, tyd, inhoud en intensie van jou gebede sal bedink, en aanpas waar nodig.

Man talking

Een van die mees algemene vrae onder gelowiges vandag is, "Wat is kerk?". Met hierdie vraag het ons navorsing gedoen om te kyk hoe lyk kerkbywoning van gelowiges.

Hands in the air with harts on

Hierdie navorsing verslag het ten doel om te bepaal hoe gewone gelowiges dink oor die deel en die weggee van hulle:
1. geld;
2. gawes;

3. goed; en

4. tyd.

 

Na 'n omvattende meningspeiling onder plaaslike geloofsgemeenskappe [sien die metodologiese verslag], is die data verwerk, geïnterpreteer deur die ekerk span, en kan die volgende opsommings en gevolgtrekkings gemaak word.

bottom of page