top of page
ORIGINAL-ON-TRANSPARENCY.png
Israel saam Stephan Joubert 29 Augustus 2023

BUITELYNE VAN DIE REISPLAN
(O)-Ontbyt       (O*)-Ontbyt aanboord       (M)-Middagete       (A)-Aandete       (A*)-Aandete aanboord

Dag 1:  Dinsdag, 29 Augustus   JOHANNESBURG – TEL AVIV – BETLEHEM

Ontmoet mekaar vanaf 07:00 by die El Al toonbank in die Internasionale vertreksaal van Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale lughawe.  Nadat die El Al sekuriteitsprosedures afgehandel is, word u bagasie deur die lugredery toegedraai.  Vertrek om 11:00 na Tel Aviv waar ons teen 20:25 op die Ben Gurion lughawe neerstryk. Ons word ontmoet en na die hotel in Betlehem oorgeplaas.  Oornag in BETLEHEM   (M*)(A*)

 

Dag 2: Woens, 30 Aug   BETLEHEM – CAESAREA –  NASARET – TIBERIAS

Begin ons dag by die herdersvelde voordat besoek gebring word aan die geboortekerk wat beskou word as die oudste ter wêreld, gebou oor die grot wat aangedui word as die plek waar Jesus gebore is.  Vertrek dan na Caesarea waar  ons die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en Romeinse amfiteater besigtig. 

  

Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodus die Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius. By Megiddo is daar geleentheid om deur die watertonnel te stap.   Die opgrawings toon sowat 26 nedersettings op mekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000 v.C. dateer. Josua het die stad ingeneem en gedurende die regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was. Ons volgende stop is die berg Karmelmet sy die indrukwekkende uitsig oor die vlakte van Armageddon waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal plaasvind.  Dit is hier waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het.  Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein.  In Nasaret word ons by die “Nazareth Village” in tyd teruggeneem na die dae toe Jesus as kind in hierdie omgewing opgegroei het.   Ons bestemming is die See van Galilea.  Aandete en oornag in TIBERIAS (O)(A)

 

Dag 3:  Donderdag, 31 Augustus        GALILEA OMGEWING 

Begin die dag met ‘n bootvaart op die See van Galilea met geleentheid vir ‘n kort oordenking. Bring dan besoek aan die Boot-museum waar ons die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. Reis verder na die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is en besigtig die Kerk van Saligsprekinge.  Bring dan besoek aan Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan Sy dissipels verskyn het en hulle saam geëet het.  Ons geniet dan ‘n tipiese “Petrus Vis” middagete met komplimente van E-kerk.  Sien die uitgrawings van Petrus se huis en die bouvalle van ‘n Sinagoge uit die tweede eeu wanneer ons tyd in Kapernaum deurbring.   Keer terug vir aandete en oornag in TIBERIAS  (O)(A)

 

Dag 4:  Vrydag, 01 September       BET-SAN – JERIGO – JERUSALEM

Vertrek vir ‘n besoek na die opgrawings van die stad Bet-San.  Dit is hier waar die liggame van Saul en sy seuns teen die stadshekke vasgemaak was.  Reis verder na Jerigo, die oudste bekende stad ter wêreld.  Hierdie stad is deur Josua vernietig toe die Israeliete in opdrag van God, 7 maal om die stad geloop het en sy mure ineengestort het.  Neem die kabelspoor na die “Berg van Versoeking” waar Jesus versoek was en geniet ‘n indrukwekkende uitsig oor Jerigo en die berge van Nebo in Jordanië.  Besoek die uitgrawings bekend as “Tel Jericho” voordat ons by die doopplek van Betábara vertoef.  Dit is in hierdie omgewing waar Jesus in die Jordaanrivier gedoop is.  Reis verder na Jerusalem, die “Stad van Vrede” soos vroeg reeds in die Bybel na verwys word. Aandete en oornag in JERUSALEM  (O)(A) 

 

Dag 5:  Saterdag, 02 September         JERUSALEM

Ons toer van Jerusalem begin by die Olyfberg of Olivet vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het.  Hier van die Olyfberg af het Jesus sy dissipels gestuur om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem binnegery het.  Op die helling net bokant Getsèmane besoek ons die Dominus Flevit kerk wat die gebeurtenis herdenk waar Jesus oor die stad gehuil het.   Stap met die “palmroete” langs en besoek die Tuin van Getsèmane waar Jesus gebid het.  Judas het Jesus hier verraai en is Hy na Kajafas geneem om aangekla en verhoor te word.  Die “Kerk van alle Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Bring dan besoek aan die huis van Kajafas die hoëpriester, bekend as Petrus in Galicantu.    Dit was hier waar Petrus die Here drie maal verloën het.  Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. By die Tuingraf word ons op ‘n toer van die terrein geneem.  Een van die plaaslike personeel sal verduidelik waarom hierdie plek die waarskynlike graf van Jesus is.  Geniet ‘n pragtige uitsig oor Golgota wat ook bekend staan as Gordon’s Calvary. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Na aandete onderneem ons ‘n toer van die Westelike muur se tonnels, ook bekend as die Kotel.Aandete en oornag in JERUSALEM   (O)(A) 

 

Dag 6:  Sondag, 03 September        JERUSALEM – DOOIE SEE

Begin die dag by die Bo-vertrek waar die Heilige Gees uitgestort is, en Jesus en Sy dissipels die “Laaste Avondmaal” genuttig het.  Besoek die Stad van Dawid waar die Bad van Siloam vandag nog te sien is.  Stap met die droë tonnel langs na die Suidelike trappe wat na die eertydse tempel gelei het.  Besoek die klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode.  Vertrek vanmiddag na die Dooie See, die laagste plek op aarde. In die Bybel het dit as die “sout see” bekend gestaan. Aandete en oornag by die DOOIE SEE  (O)(A)  

 

Dag 7:  Maandag, 04 September     DOOIE SEE – MASSADA – EIN GEDI – QUMRAN – BEN GURION LUGHAWE

Geleentheid om vanoggend letterlik “op” die water van die Dooie See te dryf.  Na uitboektyd vertrek ons na Massada waar u per kabelspoor na die kruin geneem word.  Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodus en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See.  Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse besetters oor te gee, afgespeel.  Reis verder na Ein Gedi waar Dawid soms teen Saul geskuil het en waar hy die geleentheid gehad het om Saul dood te maak, maar net ‘n stukkie van sy kleed afgesny het.  Neem die kort staproete na die Waterval voordat ons by Qumran aandoen waar die Dooie See boekrolle in 1947 ontdek is.  Ons word na die Ben Gurion lughawe oorgeplaas vir die vlug wat om 23:30 na Johannesburg vertrek.  Oornag aan BOORD  (O)(A*)

 

Dag 8:  Dinsdag, 05 September     JOHANNESBURG

 

Stryk om 07:00 op Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale lughawe neer; ryk aan herinneringe en verryk in die gees.  Eendag maak ons weer so!  (O*)

VERWAGTE TOERPRYS: R39,980 per persoon       (Onderhewig aan beskikbaarheid tydens bespreking)

Toerprys soos volg bereken:   Groep-lugreisgeld:  R10,740  /   Landreëlings:  R29,240 (US$1,720)

 

Tariewe word deur die diensleweraars teenoor die Amerikaanse Dollar tot op R17,00 gedek. Die Randwaarde van ons toerprys sal met balansbetaling aangepas word indien die Rand sou verswak.  Reisversekering word ten sterkste aanbeveel en kan deur ons kantoor uitgereik word.  Weens die beperkte aantal sitplekke beskikbaar vir hierdie toer, word u inskrywing en deposito so gou as moontlik benodig om u sitplek te verseker.

Die toerprys is gebaseer op ‘n minimum van 48 passasiers wat saamreis.

 

Groeptoer geldsake:  ‘n Nie-terugbetaalbare deposito van R15,000 plus R645 reisversekering vir onder 70-jariges en R1,450 vir onder 80’s is betaalbaar met registrasie, om die geldigheid van die maksimum reisdekking wat die polis bied, te verseker.    Die balans van die toerprys is sowat 8 weke voor vertrek betaalbaar, en die wisselkoers van die dag sal op die Randwaarde van ons toerprys van toepassing wees.  Maak asb seker dat u fondse 

gedurende hierdie tyd beskikbaar is, aangesien balansbetaling weens die wisselvalligheid 

van die Rand, sowat 72-uur na fakturering betaalbaar is. 

 

Besprekings:  Voltooi asb hierdie registrasievorm en e-pos (stargate@netactive.co.za), faks (086 634-3775 / 011 9187632) of “whatsapp” (0824780895) die dokument tesame met u inbetalingstrokie na ons kantoor.  Besprekings word op ‘n “first-come, first-served” basis hanteer.

Gebruik asb u VAN gevolg deur die kode 29AugSJ as verwysing met inbetaling

INGESLUIT:

Ekonomiese retoervlugte insluitend inboek-bagasie

  lughawebelasting en brandstofheffing

• Lughawe / hotel retoer oorplasings soos per program

• Ontbyt en aandete daagliks soos per program

• Vierster akkommodasie 

• Geregistreerde Engelssprekende toergidse en luukse toerbusse 

• Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per reisplan

• Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere en hotelpersoneel

UITGESLUIT:
Opsionele enkelkamer US$135 per nag

Opsionele reisversekering vanaf R645 vir 

   onder 70-jariges, R1,450 vir onder 80’s en 

   senior polis op aanvraag beskikbaar

 

Reisplan is onderhewig aan verandering na gelang van tydskedules en veiligheidsituasies.

 

Registrasie proses:
 

Voltooi asb hierdie registrasievorm en e-pos (stargate@netactive.co.za), faks (086 634-3775 / 011 9187632) of “whatsapp” (0824780895) die dokument tesame met u inbetalingstrokie na ons kantoor.  Besprekings word op ‘n “first-come, first-served” basis hanteer.

Gebruik asb u VAN gevolg deur die kode 29AugSJ as verwysing met inbetaling

bottom of page