WEBINAAR

Ekerk webinaars is net nog 'n manier hoe jy kan deel vorm van die aanlyn ekerk gemeenskap. Gereeld praat verskeie leiers en kenners oor geestelike en ander onderwerpe. Jy kan saamgesels of net luister. Al wat jy nodig het is jou rekenaar en 'n internet konneksie!

Meer inligting oor webinaars

 

Wat is 'n webinaar?
 
'n Webinar is 'n aanlyn metode van leer en kommunikeer.  Dit is amper soos die welbekende "Skype" platform, maar hier word die persone nie gesien nie, wel gehoor.  Wat jy wel op jou rekenaar skerm kan sien is die PowerPoint blaaie van die aanbieder (of enige ander materiaal wat die aanbieder wil deel).  Jy neem deel deur te luister, en jy kan vrae vra deur te aanbieder se aandag te trek met die druk van 'n knoppie, waarna jy jou vraag of inset kan tik of kan vra sodat almal hoor.  Webinars is nuut vir baie mense, maar word vinnig die nuwe manier van leer vanuit die gemak en veiligheid van jou huis! Meer as een persoon (of selfs 'n kleingroep) kan ook deelneem deur die rekenaar dop te hou en te luister.
 

Wat kos dit my?

 

Niks. Dit is gratis.

Wat het ek nodig om deel te neem?
 
Jy het 'n rekenaar (enige model) nodig met 'n basiese sisteem soos Windows XP, 7 of later. Dan moet jy aan die internet kan koppel. Die rekenaar moet luidspreker fasiliteite hê, anders sal jy die aanbieder of deelnemers nie kan hoor nie.  'n Kamera fasiliteit is nie nodig nie. Indien jy self vrae wil vra kan jy dit tik, maar as jy 'n mikrofoon in jou rekenaar het kan jy mondelings ook deelneem.  Dis egter nie noodsaaklik nie. 
 

Hoe vinnig moet my internet konneksie wees?

Jou internet spoed is nie so belangrik nie, maar jou stabiliteit wel. Enige ADSL konneksie is 100%.  Sommige 3G konneksies kan egter sukkel as hul sein swak is of as die sein soms verlore raak.


Moet ek enige programmatuur op my rekenaar laai?

Nee, al wat nodig is is dat jy Google of Gmail rekening het, en dat jy ingeteken is. Ekerk gebruik die Google Hangout webinaar platform.

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: