Wonderwerker-God
top of page

Wonderwerker-God


In hierdie artikel skryf Stephan Joubert oor hoe gelowiges God slegs sien as 'n Wonderwerker-God.
Wonderwerker-God

‘n Verdelende aspek van die Gees se werk tussen gelowiges in ons hedendaagse lewe is wonderwerke. Party mense maak daarop aanspraak dat hulle bediening propvol buitengewone wonderwerke is, soos spesiale genesings en kragtige werke, terwyl ander weer van mening is dat die Gees se wonders, soos dié waarvan Handelinge vertel, met die apostels se sterwe tot ‘n einde gekom het. Ekstremiste binne die eerste groep ignoreer dikwels mediese behandeling as ‘n teken van ongeloof en ekstremiste binne die tweede groep beskryf weer alle wonderwerke as vals. Ek dink beide slaan die bal mis.


Nee, die Gees se wonderwerke het nog nie opgehou nie. Wie is ons in elk geval om vir God te sê hoe en wanneer Hy mag werk! Alles wat die Gees doen, is bonatuurlik, oftewel, wonderwerke! As Hy iemand tot geloof bring - wonderwerk! As Hy mense laat groei in hulle geloofslewe - wonderwerk! As Hy iemand wat in gevaar verkeer se lewe red – wonderwerk! Wonderwerke is nie maar net ons beperkte definisie daarvan nie. Alles wat God doen, getuig van sy grootheid en almag. Dan moet ons ook onthou dat sy wonderwerke nie ons moderne geneeskunde systap nie. Wanneer ‘n operasie suksesvol is, is dit omdat God ingegryp het. Ook wanneer ‘n kopseerpil werk! Die Gees doen altyd groot dinge, soos wat miljoene lewens wat Hy vandeesweek aangeraak het getuig. Wat is die jongste wonderwerke, wat Hy in jou omgewing gedoen het?


Gebed:

Gees van Christus, trek die sluise van die hemel bokant ons oop. Amen


bottom of page