top of page

Wees ‘n “useless” sukses vir die Here


Jy’s “useless!” het een onderwyser ’n paar keer vir my gesê op hoërskool. Dit was niks lekker nie. Om “useless” te wees beteken jy het geen nut of funksie nie. Jy staan net die pad vol. Jy neem die plek op wat deur nuttige mense gevul kon gewees het. Toe lees ek van Philippe Starck se ontwerp genaamd “The Juicy Salif.” Dit was veronderstel om ’n suurlemoen versapper te wees. Hy het dit ontwerp in die vorm van ’n metaal traandruppel of ’n seekat met drie pote wat bo oor ’n bord kos geplaas kon word. Die dilemma is dat dit nie werk nie. Maar dit was nogtans ’n dawerende sukses. Trouens, die servet waarop Starck hierdie ontwerp geskets het in ’n restaurant is op permanente uitstalling in die Alessi Museum in Milan. ‘n “Juice Salif” is ook op uitstalling in New York se Museum for Modern Art. Om een van hierdie versappers te besit, is om in tel te wees. Dit is disfunksioneel, maar innoverend, futuristies, kunstig en persoonlik. Dit is vorm voor funksie, dit is ervaring voor gebruik.

Net dalk werk genade ook so. Nee wag, dit doen! God hou van “useless” mense wat disfunksioneel geraak het as gevolg van al die donkerte en sonde in hulleself… Hy hou van mense wat nie ewe veel van Hom hou nie, of wat Hom selfs nie kan uitstaan nie. Daarom vat Hy mense persoonlik en sommer ook baie ernstig op. En daarom het Hy besluit om kunswerke te maak van nuttelose mense soos ons. God wil ons ten alle koste weer by Hom hê en vir ewig hier hou. God wil sy beeld, sy “eikōn” soos wat Hy ons oorspronklik geskep het vir altyd terughê vir Homself. Of ons nou “useless” is vir ander mense of nie, feit is, God het ons nou weer in die belangrikste kunsgalery in die heelal teruggeplaas - die een in sy hemelse huis. Ons is hier vir sy plesier.

In “The Ragamuffin Gospel” vat Brennan Manning vat God se liefde vir gewone, sukkelende mense aangrypend saam: “You are not just a disillusioned old man who may die soon, a middle-aged woman stuck in a job and desperately wanting to get out, a young person feeling the fire in the belly begin to grow cold. You may be insecure, inadequate, mistaken or potbellied. Death, panic, depression, and disillusionment may be near you. But you are not just that. You are accepted.' Never confuse your perception of yourself with the mystery that you really are accepted”.


留言


bottom of page