Wat ‘n erfporsie!
top of page

Wat ‘n erfporsie!


Lees Johannes 14:27


Jesus se weggaan is tot ons voordeel. Dit sê Hy baie duidelik in Johannes 14:26: Want nou kan God se Gees orals in Sy mense werk. Dis Jesus se versekering aan ons. Ons kry die volle voordeel van Sy hemelvaart in die Persoon van die Heilige Gees. Hy vul die geweldige leemte, wat Jesus se weggaan gelaat het, tot oorlopens toe. Die Gees staan die ganse plek van Jesus vol. Nee, Hy verteenwoordig Jesus in en by ons. Hy het immers gekom om Jesus te verheerlik en om Sy woorde in ons denke en in ons harte oor te skryf.


Dis die Gees wat sorg dat Jesus se woorde en dade lewendig bly. Hy bêre dit diep in ons harte se brandkluis. Hy skryf dit op oor op die tafels van ons hart. Hy veroorsaak dat die woorde en dade van Jesus lewend bly. Nee, Jesus se optrede is glad nie ou nuus nie. Dis so vars soos hierdie einste oomblikke, waar die Gees dit hier reg voor ons oë nuut maak en in ons geheue inskryf. Hy leer ons alles wat ons oor Jesus behoort te begryp om gelukkig te leef. Die Gees veroorsaak dat ons Hom lief het. Hy stort ook Jesus se vrede in ons lewens uit. Wat ‘n erfporsie! Nee, wat ‘n Here, wat deur sy Gees in ons elkeen werk! Daarom triomfeer Jesus se spesiale vrede in ons lewens.


Gebed:

Dankie Jesus vir ‘n lewende Erfporsie in my lewe. Amen.

bottom of page