Wanneer het jy genoeg op jou naam?
top of page

Wanneer het jy genoeg op jou naam?


In sy nuutste Goeie Nuus Nuusbrief vra Stephan Joubert "Wanneer het jy genoeg op jou naam?"
Wanneer het jy genoeg op jou naam?

So, wanneer is genoeg genoeg? Volgens die meeste mense op aarde is genoeg altyd meer as dit wat hulle tans op hulle eie naam het. Dit maak nie saak of hulle brandarm of skatryk is nie - hulle wil altyd meer hê as wat hulle tans het. Dis geen wonder nie dat Prediker 5 sê daardie mens vir wie geld alles is, nooit genoeg het nie. Net nog so ’n bietjie ekstra, dan sal hulle gelukkig wees. Of sommer nog baie ekstra! Dit is hoekom selfs die rykste mense op aarde ook nie aldag tevrede is nie. En hoekom baie van hulle suinig en gierig is.


Om tevrede te wees met die bietjie of baie wat jy het, is ’n Bybelse opdrag, Nee, dit beteken nie jy moet agteroorsit nie. Of dat jy nie ambisieus mag wees nie. Inteendeel. Dit beteken egter jy is tevrede in die Here. Jy vind jou identiteit in Hom. Jakobus 1 sê dat as jy ryk is, dan moet jy weet jy is arm voor God. En as jy arm is, dan weet jy jy is ryk in Hom. As jy dít weet, kom daar rus in jou gemoed. Dan het jy oorgenoeg om van te leef. Dan kan jy elke dag iets met ander deel.

bottom of page