Wag reg - wag op die Here
top of page

Wag reg - wag op die Here


Om op die Here te wag, is ‘n afgeskeepte geestelike dissipline. Doen dit vanjaar, maar doen dit reg. Moenie slegs wag op diens van die hemel se kant af nie; wag op God. Doen dit elke dag. Doen dit orals. Wag aktief en gelowig op die Here. Dit sal die fokus van jou lewe verskuif. Onbelangrike dinge en kleinlikhede sal dan minder van jou tyd opneem. Dit, wat punte tel op die Here se terrein, sal dan meer op die voorgrond wees.


Om reg te wag op die Here, sal jou eie behoeftes afskaal na dit wat regtig saak maak. Dit sal jou fokus wegskuif van alles, wat rondom jou verkeerd is, na dit wat reg en goed is op God se terrein. Om te wag op die Here sal jou rustiger maak en ook meer geduldig. Dit sal jou nederiger maak en ook meer verdraagsaam. Dit sal jou geloof vaster maak en ook meer geankerd in die Here. Wag sal ‘n groter innerlike rustigheid in jou bring. Dit sal maak dat jy minder dinge nodig het van God. Sy teenwoordigheid sal vir jou meer as genoeg wees. Wag reg op die Here in 2023!

bottom of page