Waarheid is nie outomaties te vind tussen die massas nie
top of page

Waarheid is nie outomaties te vind tussen die massas nie


In sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief skryf Stephan Joubert dat waarheid is nie outomaties te vind tussen die massas nie
Waarheid is nie outomaties te vind tussen die massas nie

Getalle as meetinstrument vir sukses is misleidend. Nee, getalle is nie onbelangrik nie. Wat sou die punt wees van enige webtuiste, saal, of stadion as daar nie genoeg mense is om byeenkomste daar by te woon nie? Maar dit is nie outomaties waar dat groter getalle gelyk is aan groter waarheid, wanneer dit by geloofsake kom nie. Jesus self was nie aldag beïndruk met groot skares nie. In Johannes 6 krimp Hy ’n skare van 5000 plus binne 24 uur tot slegs 12 dissipels. Aanvanklik, as Jesus vir hierdie skare kos gee deur brood te vermeerder, wil hulle Hom summier koning maak. Jesus weier. Dan loop almal weg. Hulle soek fisiese brood, nie geestelike kos nie. Hulle wil nie die Brood van die Lewe hê nie, net daaglikse brood. Dan bly slegs Jesus se dissipels oor. Jesus vra egter vir Petrus of hy nie ook wil padgee nie. Hierop antwoord Petrus dat hy dit nie kan doen nie, want hy het Jesus se woorde geëet. Dit is oorgenoeg vir hom. Nie getalle nie, maar Jesus self is waaroor dit vir Petrus gaan! Sy woorde is woorde wat lewe gee. Vandag nog is Jesus meer as genoeg.

bottom of page