Vyf boustene vir 2022
top of page

Vyf boustene vir 2022


Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:

  • Die Here is my Herder. Daarom is Hy in 2022 die Eregas en die Gasheer by elke gesprek en in elke verhouding waarin ek myself bevind.

  • Christus is die Here van my lewe. Daarom dra ek in 2022 Jesus se kruis onbeskaamd, want Sy kruis dra my elke dag.

  • God se grootste gebod is liefde. Daarom gaan ek in 2022 die Here met oorgawe liefhê en Hom getrou dien. Ek gaan minder dinge van Hom in my gebede vra, maar ek gaan Hom meer male dank en loof. Ek gaan my liefde vir die Here wys deur voltyds gehoorsaam te leef aan Hom te leef.

  • Alle mense het groot waarde voor God. In 2022 gaan ek elkeen, wat my pad kruis, met respek behandel. Ek gaan gaan die beste van hulle glo. Ek gaan minder verwag van ander mense en meer inbou in hulle lewe. Ek gaan minder teleurgesteld wees as mense dinge verkeerd doen en blyer wees as hulle dinge reg doen. Ek gaan ook elke dag vir mense iets goed doen in Jesus se Naam.

  • God se Woord is die lig vir my lewenspad. Hierdie jaar gaan ek leef in die lig van die Bybel. Ek gaan dit nie maar net lees, wanneer ek na vinnige oplossings of antwoorde soek nie. Nee, dit gaan my daaglikse padwyser wees. Vanjaar gaan ek ook ’n hele paar Bybelboeke van naderby leer ken. Ek gaan hulle my eie maak en uit hulle leef. Ek gaan in 2022 Bybeldeurdrenk wees.

bottom of page