Vry van bitterheid
top of page

Vry van bitterheid


In sy nuutste Heilige Gees artikel skryf Stephan Joubert hoe ons vry kan raak van bitterheid in ons lewens.
Vry van bitterheid

Bitterheid byt jou twee keer… nee, eintlik sommer drie, vier, vyf maal … Dit gebeur die eerste keer as iemand jou skade aandoen; die tweede keer as jy dit onthou; die derde keer as jy met woede daaraan terugdink en die vyfde en twintigste keer as jy dit nogmaals in jou kop herhaal. Of dit dalk vir die dertigste keer oorvertel. Bitterheid maak jou ‘n slaaf van diegene wat jou benadeel het. Jy verander in hulle slagoffer. Dalk het hulle al lankal vergeet van die seer, wat hulle jou veroorsaak het. Moontlik skeel dit hulle min. Maar jyself loop vir jare met ‘n stuk donkerte in jou hart, wat nooit wil weggaan nie. Dit alles omdat jy dieselfde bitter gevoelens deur jou kop hersirkuleer.


Hoe breek jy bitterheid? Deur jou fokus te verskuif na die Gees toe. Kyk weg! Sien die Here in die detail van jou lewe raak. Om jou fokus aktief elke dag na die Gees se nuwe werk in jou binneste toe te skuif, werk regtig! Konsentreer op Sy grootheid, Sy liefde, Sy skoonheid. Wees meer en meer lief vir die Here. Laat die Gees jou elke dag vul met sy volheid. Sing oor Hom, praat mét en ván Hom. Verheug jou oor die Here, soos wat Spreuke 3 sê en jou lewe sal binnekort weer vol vreugde en hemelse rykdom wees.

Gebed:

Breek alle bande van bitterheid in my, o Gees van die lewende God. Amen.

bottom of page