Vertrou die Here ook met jou slaap
top of page

Vertrou die Here ook met jou slaap


Wie van ons het nie al vir ’n paar oomblikke ingesluimer tydens ’n lesing, ’n opvoering, of ’n fliek nie? Of dalk tydens ’n kerkdiens? Maar dit kos moed om te doen wat die skaakkampioen van die wêreld, Magnus Carlsen, gedoen het. In 2014, tydens ‘n skaakwedstryd teen Viswanathan Anand om die wêreldkroon, het hyself ’n vinnige uiltjie geknip. Fotos en video’s hiervan het wêreldwyd opslae gemaak.


Dit lyk my ons almal kort meer slaap. Rus is noodsaaklik vir ons elkeen se fisiese gesondheid. Dit maak ook ’n belangrike deel uit van ons geestesgesondheid. Psalms 3 en 4 leer by name vir ons dat om rustig te slaap, ook dui op ons vertroue in die Here. In Psalm 3 skryf Dawid dat hy deur vyande omring is. Nogtans bely hy hier in vers 5 dat die Here hom goed laat slaap en dat Hy hom ook weer laat wakker word. In Psalm 4:8 skryf Dawid weer dat hy in die aand rustig aan die slaap kan raak, omdat sy vertroue in die Here geanker is. Doen asseblief dieselfde. Plaas jou lewe in God se hand en gaan slaap elke aand in vrede.


bottom of page