top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Vat elke kans betyds - dis al kans wat daar is


Ek wens ek kon die lewe so stadig maak soos deesdae se rugbybeslissings, waar elke oortreding en elke drie vanuit honderde hoeke in stadige aksie bekyk word. Raampie vir raampie word elke beweging oor en oor vir minute lank ontleed. Dieselfde gebeur, wanneer oortredings elders in die lewe ter sprake is. In hofsake word mense se motiewe vir dae en weke lank ontleed en geëvalueer. Ongelukkig werk dinge nie so in die res van die lewe nie. In die alledaagse lewe word ons nooit ’n ’n kyk-weer; ’n doen-oor, of ’n tweede kans gegun nie.


Ons woorde is oor en verby, wanneer dit die slag oor ons lippe is. Ons dade is gedoen, wanneer dit gedoen is. Daarom moet ons elke dag bid dat die Here ons teen onbesonne woorde en ondeurdagte dade sal bewaar. Ons moet dit, wat ons sê, die eerste keer reg sê. Ons moet dit, wat ons doen, die eerste keer reg doen. Ons kry nie eindelose kanse om dit beter te sê of reg te doen nie. Kom ons gryp elke eerste kans, wat oor ons pad kom, reg aan. Kom ons vertrou die Here opnuut om ons reg binne die normale pas van die lewe te laat leef. Kom ons beskou elke geleentheid, elke woord en elke daad as ons enigste kans, wat ons gebruik tot eer van die Here.

Comments


bottom of page