Vandag gebeur tussen nie-meer-nou-nie en nog-nie-nou-nie
top of page

Vandag gebeur tussen nie-meer-nou-nie en nog-nie-nou-nie


Die verlede lyk altyd baie meer uitgesorteerd as wat dit regtig was. Ons dink graag terug aan die dag van gister en eergister as rustige tye. Ons dink daaraan as “die goeie ou dae”. Die toekoms, aan die anderkant, lyk gewoonlik vir ons donker, bedreigend en vol onsekerhede. Veral hier in 2024 lyk dinge op die pad vorentoe reeds vroegjaar baie deurmekaar.


Binne hierdie maalkolk van die tyd, waar die toekoms dag vir dag, onderweg na die verlede toe, by ons verbyskiet, is vandag die enigste stukkie tyd wat ons beliggaamd kan beleef. Gister is reeds deel van “nie meer nou nie”. Môre is nog deel van “nog nie nou nie”. Maar nóú is nóú en hiér is hiér. Ons bevind onsself, soos wat die mense graag sê, in die hier en die nou! Daarom moet ons vandag tot eer van die Heer leef.


Hoor net wat Paulus oor vandag in 2 Korintiërs 6:1-2 skryf: “Op presies die regte tyd het Ek gehoor toe jy gebid het. Op daardie dag toe Ek besluit het om in te gryp as Redder, het Ek jou gehelp. Let op: Die tyd van goedheid en guns is nou! Let op: Die dag van redding is nou!” (NNT Vertaling). Doen dit!

bottom of page