top of page

Twee dinge


Stephan Joubert skryfg in sy nuutste Heilige Gees artikel oor Martin Luther se wysheid oor die twee belangrikste dinge in elke gelowige se lewe.
Twee dinge

Maarten Luther het gesê daar is twee dinge wat elke mens alleen moet doen. Om te glo en om dood te gaan. Niemand anders kan namens jou glo of sterf nie. Op die ou end is dit jy wat met jou eie lewe voor God moet staan. Geloof is die enigste sleutel om die lewe én die dood te oorleef! Maar tog is geloof ten diepste ook ‘n gawe van die Gees. Dis Hy wat die saad van die Woord op goeie grond in my hart laat val het. Dis ook Hy wat gekeer het dat die aasvoëls vanuit die doderyk dit roof uit my hart. Dis Hy wat my by die groot skare van gereddes bygevoeg het. Aan Hom al die eer dat geloof in Christus in my lewe groei!


Egte geloof is om aan God vas te hou al sien of voel ek niks. Geloof is om God blindelings te vertrou dat Christus die losprys in my plek ‘n volle 100% betaal het. Geloof is om te weet ek het niks in ruil om vir God aan te bied sodat Hy meer van my moet hou nie. Nee, geloof is leeg hier aan my kant van die draad. Dis om met my ganse lewe te steun op Iemand anders. En sy Naam is Christus. Hy is genoeg. Hy troef lewe en dood! Die Gees roep dit elke dag hier in my hart uit. Daarom glo ek.


Gebed
Dat ek glo is net’n hemelse wonderwerk. Dankie Heilige Gees dat U geloof in my werk. Amen

Comments


bottom of page