Stiltetyd in pandemietyd – maak dit ‘n verskil?
top of page

Stiltetyd in pandemietyd – maak dit ‘n verskil?


Alet Gardner vra in haar nuutste artikel oor stiltetyd in ‘n verskil maak?
Stiltetyd in pandemietyd – maak dit ‘n verskil?

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar, ‘n jaar soos nog nooit tevore in ons leeftyd nie. Dis amper nie eens meer lekker om op sosiale media te “kuier” nie. Elke kort-kort is daar ‘n stukkie nuus van iemand wat ‘n geliefde aan Covid moes afstaan, of ‘n noodroep om gebed vir ‘n familielid, wat in ‘n kritieke toestand in ‘n oorvol hospitaal lê. Dis waar ek voel om sommer net die toep (app) toe te maak en ‘n koppie tee vir myself te gaan maak. Maar dis tog hier, waar ek as Christen ‘n groot verantwoordelikheid het om sommer daar en dan selfs ‘n wildvreemdeling met ‘n paar woorde te bemoedig en om vir hulle situasie te bid, óf in ‘n boodskap óf selfs oor die foon.

Dis mos een van die maniere waarop my lewe iets wys van God se hart van liefde. Hy het aan ons gedink toe ons moedeloos was. Aan sy liefde is daar geen einde nie. (Psalm 136:23 NLV) In plaas daarvan dat ek met my eie swaarmoedige, bevreesde hart ander nog meer swaarmoedig maak, kan ek dan eerder die entstof van God se liefde en genade oordra aan almal met wie ek in aanraking kom. Dit gaan egter net moontlik wees as ek gereeld my entstofversterker (booster) in my gereelde stiltetyd.

Kry.

Dis in hierdie stiltetyd dat ek self rustig en kalm word, waar ek ‘n “quiet heart” kan “cultivate”, soos wat Psalm 131:2 in The Message sê. Dis hier waar ek met vrymoedigheid my ongesensorde hart voor my Hemelse Vader kan oopmaak, vir Hom van my vrese en vertwyfeling vertel en weer gevoed word uit sy kosbare Woord, die Bybel. Soos wat ek fisies voedsame kos nodig het, is dit nodig dat ek ook geestelik gevoed word, dat ek my vir ‘n rukkie onttrek van die besigwees van die alledaagse en iewers stil word, waar ek die sagte fluisterstem van God diep in my gees kan hoor. Dis waar Hy my teregwys, my troos, my toerus om uit te gaan om ander te kan bemoedig. Ek hoef nie ‘n preek te gaan afsteek nie – ek kan bloot net vertel hoe die Here my getroos en bemoedig het, toe ek moedeloos en bang of gefrustreerd geraak het.

Be generous with encouragement. It is verbal sunshine. It costs nothing, it warms hearts and enriches lives.

Nicky Gumbel op Twitter


bottom of page