Stil getrap!
top of page

Stil getrap!


In hierdie Goeie Nuus nuusbrief, skryf Stephan Joubert oor hoe ons God se stem kan wees vir die stemloses en hulp vir die hulpelose.
Still getrap!
“Ek het eintlik maar net geterg…” “Dit was alles in ’n goeie gees bedoel…” “Sy het nooit gekla nie…”

Hierdie is tipiese reaksies wat kwyt geraak word, as mense soms van teistering beskuldig word. Ek lees juis van ’n dame wat in ’n anonieme brief in die koerant vertel sy het jare lank sulke teistering beleef, want haar baas het vir haar gesê sy sit sonder werk as sy hieroor sou kla. Wie weet hoeveel vroue en kinders beleef nie nog baie erger dinge as dit in hulle huise nie. Dit is maklik om te sê sulke mense moet vir hulle regte opstaan. Dat hulle nie sulke uitbuiting en mishandeling moet verdra nie. Die risiko’s en die vernedering, wat hiermee gepaard gaan, maak egter dat baie vroue lankal stil getrap is. Kinders nie weet dikwels nie eens hoe om te praat oor hulle seerkry nie. Hulle monde is toegebind. Hulle gees is gebreek. 


Mag die Here ons oë vir sulke onregte oopmaak. Mag ons ook help en ingryp daar waar mense stil getrap is. Mag ons die evangelie uitleef, wat beide God se genade en sy geregtigheid omvat. Mag ons ’n stem wees vir die stemloses en hulp vir diegene wat hulpeloos is. 

bottom of page