top of page

Staan jy in jou eie pad?


In hierdie Goeie Nuus vra Stephan Joubert of jy in jou eie pad staan?
Staan jy in jou eie pad?

Partykeer is jyself jou eie grootste vyand en kritikus. Jy ooranaliseer alles wat jy doen. Jy is net nooit tevrede met dit wat jy sien nie. Jy kom net nooit oor jou eie dwarslat nie. Jy dink nooit jy is slim genoeg, oulik genoeg, of wat ook al genoeg nie. Die feit bly staan, dit is nie goed om so ’n vlymskerp kyk na jouself te hê nie. Aan die ander kant is dit ook nie goed om traak-my-nie-agtig te leef nie.


Die Here roep ons op tot gesonde selfondersoek en tot ’n gesonde kyk na onsself. Trouens, Sy Gees doen dit sommer namens ons binne-in ons. Hy karring aan ons gewete, wanneer dit die slag nodig is. Hy oortuig ons blitsvinnig van verkeerde dinge. Hy rig ons lewe dadelik weer op die regte koers. Maar dan moet ons gehoorsaam wees aan Sy leiding. Ons moet doen wat die Here se Gees sê. Dan hoef ons nie eindeloos in die donker laaie van ons hart rond te krap nie. Of gedurig so krities op onsself te wees nie. Dan staan ons nooit ons eie pad vol om effektief vir die Here te leef nie.

Comments


bottom of page