Sit dit af, sit dit af!
top of page

Sit dit af, sit dit af!


“Sit dit af, sit dit af.”

So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te emosioneel en te onvoorspelbaar.


Studies van die Amerikaanse navorser, Cliff Nass, toon aan dat meer en meer mense hulle slimfone verkies om gesprekke te voer, selfs emosionele gesprekke. In dieselfde asem toon sy studies aan dat diegene, wat boer op sosiale media, se vermoë om hulle eie sowel as ander mense se emosies te lees, dramaties afneem. Hulle raak emosioneel afgestomp.

“Technology does not provide sentimental education,”

sê hy. Daarom het ons almal verhoudings nodig, gesig-tot-gesigverhoudings. Gesprek en persoonlike nabyheid is noodsaaklik vir ons eie groei en sosiale vorming. So het die Here ons gemaak. Hyself wil heel eerste ons gesig sien, nie ons rug nie. Om so saam met die Here te kuier, is om reg te groei in ons geloof. Hy wil een-tot-eentyd met ons hê. Dit gebeur as ons met Sy Woord besig is en deur gebed. Hy wil met ons praat en saam met ons die lewenspad loop. Ook is ons dit aan ons vriende en familie verskuldig om gedurig ons selfone en rekenaars af te skakel en met hulle te kuier. Ons is nie selfoonslagoffers nie, of sosiale mediaverslaafdes nie. Ons moet sonder ons fone en ons sosiale media kan lewe.

bottom of page