Sien die groot “Ander” in ander raak
top of page

Sien die groot “Ander” in ander raak


“Each is responsible for each, and I more so than all the others.”

Hierdie woorde van die Russiese skrywer, Fyodor Dostoevsky, het vasgesteek in die hart van die denker, Emmanuel Levinas. Na die Tweede Wêreldoorlog het Levinas in Europa vir sy filosofie van “die Ander” bekend geword. Mense se andersheid en kosbaarheid word volgens hom sigbaar in gesig-tot-gesig interaksies. As ons mense met deernis raaksien en behandel, verander hulle kosbare ander.


Ander mense moet ons ook konfronteer met die “Ander” in ons lewe. Ek praat van die Here. Ons moet leer om Hom raak te sien in ander, soos wat Jesus ons oproep om te doen in Matteus 25. Ons moet Hom raaksien in vreemdelinge, armes, rykes, hooploses, hoopvolles … Dan word ander mense kosbaar. Dan raak ons ook verantwoordelik vir ander. Dan skuld ons hulle respek en liefde sonder om enigiets van hulle terug te verwag. Dit is die hartklop van Jesus se leringe. Hy leer ons om nie goeie dinge vir ander te doen met die verwagting dat hulle ons moet dankie sê nie. Of dat God ons moet beloon nie. Ons vreugde én ons “beloning is geleë in dade van deernis en omgee. Ons vreugde is om die „Ander” in ander te sien en om hulle met liefde te dien.

bottom of page