top of page
Writer's pictureAlet Gardner

Show and tell – ‘n Les in stap saam met Jesus


Alet Gardner skryf in haar nuutste artikel oor Show and tell – ‘n Les in stap saam met Jesus

Een van die oulike aktiwiteite wat die jonger skoolkinders deesdae het, is die show and tell-sessies. Dan kan hulle met visuele hulpmiddels, soos foto’s, speelgoed of ‘n opgetelde dennebol of ‘n briefie van Ouma kom vertel waar hulle was of wat hulle ontdek het. So kan hulle die leefwêreld van hulle maatjies ook verryk.

Selfs met volwassenes is ‘n visuele hulpmiddel een van die beste maniere om ‘n boodskap kragtig oor te dra. Dit laat my dink aan die visuele hulpmiddel van ‘n glashouer, wat gevul moet word met sand en balle van verskillende groottes. As die sand eerste ingaan, gaan dit baie moeilik wees om die kleiner en dan die groter balle in te kry. Maar, as ek begin met die grotes, dan die kleiner balletjies en heel laaste die sand, vind ek dat die laasgenoemde twee sommer self inpas. Die les wat ek hieruit leer en nooit sal vergeet nie, is om te prioritiseer: pas heel eerste die belangrike dinge in my lewe in - die ander sal wel aan die beurt kom.

Wanneer ek vir een van my kleinkinders wil leer om ons familie se Kerskoekies te bak, is dit baie meer effektief om te show and tell, om te demonstreer, terwyl ek verduidelik hoe. Woorde alleen gaan nie so effektief wees nie. Net so is dit soveel belangriker dat ek nie net met ‘n preek of ‘n traktaatjie oor Jesus se liefde, genade en geregtigheid die stukkende wêreld om my instap nie. My boodskap gaan baie meer impak hê, as ek my voorskoot van liefdevolle diensbaarheid aantrek en kyk waar ek kan help om iets te doen omtrent armoede, haweloosheid, honger, gebroke huwelike en gesinne, onnodige aborsie, gesinsgeweld. Dit is dan wanneer, soos Nicky Gumbel sê,

“your lives will begin to glow in the darkness.”

Die lig van lewe in Christus gaan sigbaar word, mense oortuig van God se genade, Sy liefde.

Dan begin my lewe om soos Jesus s’n te lyk toe mense vir Hom gevra het:

“Rabbi (which means Teacher), “where are You staying?” “Come and see,” He replied. So they went and saw where He was staying and spent that day with Him.

(Johannes 1:38 - 39 NIV) As ek kies om saam met Hom te gaan, deur Hom ge-hijack te word, kan ek ander nooi om saam te stap, vir hulle show and tell en hulle geleentheid gee om Hom in die proses te leer ken.

People who have been hijacked by the grace of God, spread goodness around like wildfire. They constantly infect other people with the right virus - grace. They are highly contagious and beautifully dangerous. They set wildfires of mercy alight that spread from person to person and to the rest of God’s creation.

Stephan Joubert in “Hijacked by Jesus”


Comments


bottom of page