Respek vir die Here - het jy dit?
top of page

Respek vir die Here - het jy dit?


Stephan Joubert skryf in hierdie nuutste artikel oor geloof wat nie 'n deeltydse oefening is nie.
Respek vir die Here - het jy dit?

Nee, geloof is nie iets wat ek net in my vryetyd beoefen nie. Ek doen nie net Christenskap wanneer ek die dag daarna voel nie. My lewe is voltyds die Here se eiendom. Daar is geen middelgrond nie. Die Here duld nie ‘n halfgebakte 50/50 geloof waar ek die helfte van die tyd doen wat God sê en die ander helfte doen wat ekself wil nie.


Die verhaal van Annanias en Safira in Handelinge 5 wil een belangrike boodskap aan ons oordra, en dit is dat ons nooit ligweg met God se genade moet omgaan nie. Hierdie egpaar het gejok deur voor te gee hulle het die volle koopsom van hul eiendom aan die kerk gegee, terwyl dit eintlik net ‘n gedeelte daarvan was. In vandag se taal sou vele mense dalk hierop wou sê: “Maar wat is nou so erg hieraan? Almal doen dit tog. En hulle het in elk geval darem ‘n deel van daardie geld vir die Here se werk gegee.” Wel, God is nie soos “almal” nie; nie eens naastenby nie. Hy is heilig. Hy vra gehoorsaamheid. En Hy duld nie speletjies met die waarheid nie, soos wat die tragiese gevolge vir Annanias-hulle illustreer. Mag ek daarom vir jou vra: is daar genoeg respek vir God in jou hart- daardie soort wat maak dat jy graag wil doen wat Hy sê?


Gebed
Here, skryf respek en liefde vir U diep in my hart. Amen
bottom of page