Oppas vir “ligte troos”
top of page

Oppas vir “ligte troos”


Hoe kan ons oppas vir “ligte troos”?
Oppas vir “ligte troos”

Iemand vertel by ’n groot ete hy het pas sy beursie verloor met baie geld daarin. Almal simpatiseer met hom. Iemand sê toe iets goeds sal hieruit voortspruit. “Wat nogal?” vra iemand anders. “Alles werk maar ten goede uit,” kom sy antwoord. “Ja, jy is reg. Iets goed sal hieruit voortspruit as jy uit jou sak die geld vir hierdie arme man teruggee,” sê die omgekrapte. Toe is “alles wat ten goede moet werk” ook daarmee heen. Hierdie voorstel is gou-gou doodgepraat.


Ligloop vir “ligte troos.” Moenie ander se verliese sagter maak as wat dit regtig is nie. Moenie dit vinnig probeer wegpraat nie. Hoe gemaak? Wel, ons help eers wanneer ons die gewig van ander mense se swaarkryop ons eie skouers tel. Dit is wat Galasiërs 6:2 vir ons leer. Ons praat nie net nie, ons help op konkrete maniere! Beteken dit egter ons mag nie ander met ons woorde troos nie? Nee, ons mag. Woorde is altyd belangrik, maar dan moet dit woorde wees wat mekaar opbou en bemoedig. Sulke opbouende taal is die Here se soort taal. Maar ons woorde én ons dade is eers goeie medisyne as ander se verlies op ons eie skouers ’n plek kry en as ons die gewig daarvan self voel.

bottom of page