Oppas vir geestelike mentalpause
top of page

Oppas vir geestelike mentalpause


Veels te min volwassenes hou lewenslank aan om op kreatiewe maniere te leer en te groei. Volgens die fisikus, Moshé Feldenkrais, leer die meeste volwassenes slegs nog daardie dinge aan wat hulle benodig om binne hulle eie omstandighede te oorleef. Hulle kreatiewe leerprosesse het tot stilstand gekom. Is dit dalk hoekom so baie grootmense vandag aan mentalpause ly? Hulle lewens gebeur op autopilot. Dieselfde roetines, dieselfde holrug geryde praatjies en dieselfde opinies kom oor en oor in hulle lewe voor. Hulle lewens raak vaal, vervelig en voorspelbaar.


Verharding van die hart en stagnasie is goor simptome van hierdie toestand. Dieselfde gebeur ook op geestelike gebied. Na jare se kerkbesoek en godsdienstigheid raak sommiges so gewoond aan God dat niks hulle meer op geloofsterrein kan verras nie. Dieselfde ou idees, preke, musiek, gesprekke en geestelike klagtes word oor en oor gehoor. Alles op die geloofsfront gebeur dan op autopilot. Systap asseblief hierdie lewensgevaarlike toestand deur leergierig te bly. Laat toe dat God jou gedurig verras. Wees voortdurend op die uitkyk vir nuwe Goddelike skatte in al die saailande van die lewe, waar jy jouself bevind. Wees kinderlik opreg voor God. Leef met ’n gesonde naïwiteit en nuuskierigheid. Leef met verwondering. Dan systap jy alle vorms van geestelike mentalpause.

bottom of page