Oppas vir daardie rooi knoppie in jou lewe
top of page

Oppas vir daardie rooi knoppie in jou lewe


Het jy ook ‘n rooi knoppie in jou kop? Ek praat van daardie denkbeeldige rooi knoppie wat jou laat ontplof van woede, wanneer dit gedruk word? Daardie rooi knoppie gaan soms af as mense op jou senuwees werk. Of as hulle krap waar dit nie jeuk nie. As jy sommer vinnig aan ’n paar mense en situasies kan dink wat jou eie temperatuur in sulke rooi knoppiesones injaag, dan weet jy jy kort meer geduld.


Van geduld gepraat, dit is baie skaars. Regoor die wêreld is geduld hoog op die lys van bedreigde deugde. Bes moontlik is dit ook in jou lewe die geval, net soos in myne. Ons het geen verskoning vir ons ongeduldigheid en vir al daardie rooi-knoppie-episodes nie. Ons moet dadelik by die Here gaan hulp soek. Ons moet bid dat Hy ons fokus in elke rooi-knoppie-situasie na Homself toe sal verskuif. Om in moeilike situasies weg te kyk en op te kyk na die Here, is die regte roete tot groter geduld. Dit is ook die roete tot groter interne kalmte. Om aanhoudend so te bid wanneer ons geduld beproef word, sal regtig veroorsaak dat ons minder in die rooi leef.

bottom of page