Oppas vir al die regte danspassies
top of page
  • Writer's pictureekerk

Oppas vir al die regte danspassies


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie nuus oor hoe ons kan oppas vir al die regte danspassies.
Oppas vir al die regte danspassies

Ek het een keer die verhaaltjie gelees van ‘n Indiaan, wat gereeld saam met ander Indiane hulle tradisionele reëndans uitgevoer het, maar sonder enige sukses. Toe hy by sy pa gaan kla dat hierdie danse geen effek het nie, het hy geantwoord:

“Julle is meer besorg oor die verskillende danspassies, wat julle moet uitvoer, as oor die doel van julle dans!”

Nou ja, ons moet ligloop dat ons eie godsdienstigheid ook nie ‘n doel op sigself raak nie. Ons is regtig nie geroep om godsdienstige tradisies slaafs in stand te hou nie. Of om bloot net deur al die regte religieuse bewegings te gaan, sonder dat dit ons eie harte aanraak en verander nie.

Ons kan partykeer ook so behep raak met wat ons mag doen en nie mag doen nie, of oor hoe “hulle” moet leef, dat ons vergeet wat die eintlike doel van ons geloof is. Ons is hier op aarde om God te verheerlik. Ons is hier om mekaar se geloof op te bou. Ons is hier om Christus se Goeie Nuus prakties te leef. Ons leef ons geloof in Christus van harte uit. Dit verander ons manier van dink, praat en doen. Só en só alleen het ons dan die nodige impak daar waar God ons elke dag ontplooi.


bottom of page