top of page

Oppas, God se Naam is gekloon


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus oor die gevaar dat God se naam op almal se lippe is, maar nie in almal se lewens nie.
Oppas, God se Naam is gekloon

God se naam is op almal se lippe, maar Hy is nie in almal se lewens nie. Om elke hoek en draai gebruik mense deesdae die Here se naam in die openbaar. Wag, hulle het dit afgewater na ’n stopwoord wat net soos Sy naam klink. Hollywood doen dit. Sportstrerre doen dit. Kuiergaste doen dit. Werksmense doen dit. God se naam is gekloon. Dit het ’n stopwoord vir derduisende mense geword. Of ’n uitroepteken. Of selfs nog erger - 'n lelike woord. Hierdie lippetaal het te veel mense se normale spreektaal geword. 


Dit is een ding om God se naam te ken, maar dit is iets anders om Sy naam te eerbiedig en in sy Naam te leef. Navolgers van Christus weet ons leef in Sy naam. Ons gebruik die Here se naam met groot eerbied. Ons loof Sy naam met vreugde. Ons eer Hom met groot respek. Ons dien Hom. Al is God se naam elders gekloon, hier in ons omgewing weet ons wat ons doen wanneer ons die Here aanspreek. Ons weet Hy is só groot en heilig dat ons graag voor Hom neerbuig. Ons weet Hy is só naby Hy dat ons Hom ook as ons Hemelse Vader aanspreek. Ons hou Sy naam hoog. 

Comments


bottom of page