Op die Gees se snykant
top of page

Op die Gees se snykant


Stephan Joubert skryf oor wat ons by Paulus kan leer om te leef vir Christus.
Op die Gees se snykant

Ek het ‘n voorneme vir die res van my lewe: om daagliks saam met Paulus uit te roep: “Vir my is om te lewe Christus.” Ek wil hê die evangelie moet my slyp en ek wil op die snykante begin leef. Middelmatigheid moet verbode taal in my woordeskat wees. Ander se vreugde en nood moet my hartklop wees en integriteit voor God my voltydse passie. Nee, ek wil nie langer “redelik” wees nie, dan is ek maar net “redelik” toegewyd. Radikaal uitverkoop aan die Heer – dis wat van nou af in my lewe tel!


Ek wil nie mense tevrede stel of die geestelike smaak van die week wees nie. Ek wil leef vir die erkenning van Een. Al wat ek begeer, is dat die Heer elke dag vir my sal sê: “Mooi so, radikale dienskneg!” Ander moet stilweg die impak hiervan voel. Nee, ek wil nie meer “groot dinge” vir die Here doen nie. Genoeg kerklikes jaag “groot dinge” na. Wat beteken “groot dinge” in die Here se oë in elk geval? As ek Jesus reg verstaan, is “kleiner” juis die nuwe “groter”; “swakker” die nuwe “sterker” en “minder” die nuwe “meer” by die Here. Daarom wil ek meermale die kleiner prentjie raaksien en klein dingetjies groots vir die Heer doen. Ek wil ook weer ‘n kind word wat in verwondering opkyk na God en na ander mense wat my lewenspad kruis. Dan leef ek Geesvervuld!

Gebed:

Slyp die skerpkante, o Gees, en laat my daar leef. Amen.

bottom of page