Oom, kan God huil?
top of page

Oom, kan God huil?


Stephan Joubert skryf in sy nuwe Goeie Nuus nuusbrief of God kan huil?
Oom, kan God huil?
Oom, kan God huil?”

vra ‘n kindjie. Terwyl die ma half verskonend probeer verduidelik dat dit maar net kinderlike gedagtes is, dink ek dit is so opreg as wat kan kom. Net dalk is die vraag nog moeiliker as dit: kan God ly? Inderdaad! Lyding is ‘n langdurige eerstehandse belewenis van slegte gebeure. Dit is om self uit die beker van swaarkry te moet drink. 


Die Spaanse filosoof, Miguel de Unamuno, het gepraat van die oneindige droefheid van God, ’n droefheid wat by die kruis die sigbaarste was. Die Here kon nie onbetrokke toekyk hoe sy eie Kind sterf onder die gewig van al ons sondes nie. God het geweet Jesus word daar in swakheid gekruisig, soos wat 2 Korintiërs 13:4 vertel. Daarom sien ons by die kruis iets van sy eie weerloosheid. Paulus beskryf dit in 1 Korintiërs 1:25 selfs met swakheid. Nee, wag, hierdie “swakheid” maak nooit van die Almagtige God van hemel en aarde ’n hulpelose slagoffer nie. Allermins. Sy swakheid is eindeloos sterker as dié van mense, voeg Paulus dadelik by. Maar die Here kies om sy eie hart te wys by die kruis, een van liefde! Dit is dieselfde Here wat steeds te midde van ons eie lyding aanwesig is. 

bottom of page