Onvoorwaardelik
top of page

Onvoorwaardelik


Lees Filippense 1:22


Het jy al van Frank Laubach (1884-1970) gehoor? Hierdie sendingreus se aanvanklike werk onder die Moros in die Filippyne was ‘n groot mislukking. Toe vra hy een dag desperaat vir God watter hoop daar nog vir hierdie klomp diewe, moordenaars en vuil mense, onder wie hy so hard werk, oor is. Hy het handdoek met hulle ingegooi, omdat hulle harte so hard soos klip was. God het egter geantwoord dat hy, wat Laubach is, nog nooit die Moros regtig liefgehad het nie. Hy meen steeds na al die jare wat hy onder die Moros werk, dat hy is verhewe bo hulle is. As hy egter van sy eie status sou vergeet en begin ervaar dat God hulle onvoorwaardelik lief het, dan sou alles verander.


Laubach was gehoorsaam. Sy gebedslewe het hierna legendaries geword, so ook sy “each one teach one”-program, wat meer as 60 miljoen mense op die ou einde leer lees het en miljoene met die Bybel in kontak gebring het. Dis verstommend om te dink een man se bediening het dermiljoene bereik! Deur Laubach se onvoorwardelike liefde vir die Here en vir stukkende mense het die evangelie ‘n oop deur in die Filippyne en veel verder dwarsoor die aarde gevind. Sy liefde vir mense was die sigbare bewys van sy Geesvervuldheid. Sy toewyding aan God het neerslag gevind in sy omgee vir ander. Terloops, waartoe beweeg jou liefde vir God en ander jou?


Gebed:

Heilige Gees, leer my om ook ‘n hart vol liefde vir ander mense te hê. Amen.

bottom of page