“Onthou jy my?” Of is die vraag eerder: “Onthou Ek jou?”
top of page

“Onthou jy my?” Of is die vraag eerder: “Onthou Ek jou?”


“Onthou jy my?” Ek moet sê, ek vrees hierdie vraag. Dikwels moet ek al teenoor sulke vraagstellers erken dat my geheue my in die steek gelaat het. As ek in mense vasloop wat ek veronderstel is om te ken, maar ek doen nie, is ek aldag verleë. In elk geval, eendag in die toekoms gaan hierdie einste vraag: “onthou jy my?” baie gewild wees. Jesus sê in Matteus 7 dat baie mense hierdie vraag vir Hom gaan vra op die heel laaste dag. Hulle sal by Hom wil weet of Hy nog weet wie hulle is. Dan gaan ‘n klompie vraagstellers selfs uitbrei hierop deur vir Jesus te vertel hoedat hulle al wat ‘n godsdienstige byeenkoms is, bygewoon het. En hoedat hulle graag oor Jesus se groot dade gepraat het en hoedat hulle selfs wonders gedoen het. Maar dan sal daar ‘n hemelse reaksie volg wat hulle glad nie verwag het nie. Jesus sal vir baie van hierdie vraagstellers sê: “Ek ken jou nie.” Die rede: “Jy het nooit God se geregtigheid nagejaag en Sy wil gedoen nie.” Maak dus betyds seker dat so ’n verleentheid jou nooit oorkom nie. Ken Jesus reg. Dien Hom reg. Dan sal Hy jou vir altyd onthou.

bottom of page