top of page

Ons verstaan nie alles nie, maar ons verstaan tog iets


Die Britse skilder, Chantal Joffe, sê: “You can’t paint reality. You can only paint your own place in it, the view from your eyes, as manifested by your own hands.” Dit is hoogmoedig om te dink ons kan alles verstaan. Of dat ons alles kan verklaar. Of dat ons al die antwoorde het. Saam met Paulus in 1 Korintiërs 13 bely ons ons ken maar net gedeeltelik, en ons verstaan ook net gedeeltelik.


Nogtans, al verstaan ons nie alles nie, verstaan ons tog iets. Ons verstaan genoeg om te weet ons moet God liefhê met ons hele hart, ons hele siel en al ons verstand. Ook moet ons ander mense liefhê soos onsself. Ons verstaan genoeg om te weet dat ons God se handewerk goed moet oppas. Ons verstaan ook dat, al is die lewe nie altyd regverdig nie, is onsself nogtans geroep om te doen wat reg is. Daarom beskilder ons ons eie plekkie hier in die wêreld op stylvolle maniere tot eer van die Here. Ons doen dit deur reg te leef en reg te doen. Ons maak die lewe mooi vir ander mense rondom ons. Ons weerkaats die Here se goedheid. Ons leef in Sy lig en ons beskilder Sy lig deur ons eie lewe van toewyding en omgee. Terwyl ons dit doen, verander onsself al hoe meer in mooi skilderye van die Heilige Gees.

Comments


bottom of page