Ons lyf is nie ons eie nie
top of page

Ons lyf is nie ons eie nie


Die bekende Franse geleerde, Marcel Mauss (1872-150), het in 1934 ’n referaat gehou, wat vandag steeds oor verskillende kulture se idees oor die regte liggaamshoudings en gedrag aangehaal word. Mauss vertel onder andere in hierdie studie hoe Engelse soldate in die loopgrawe gedurende die eerste wêreldoorlog nie die grawe kon baasraak, waarmee Franse soldate, soos hyself, hulle loopgrawe gegrawe het nie. Toe moes daar inderhaas 8000 nuwe “Engelse” grawe vervaardig word.


Ons moet sensitief wees vir die verskillende betekenisse wat verskillende kulture heg aan gebruike, ligaamshoudings en gedrag. By Paulus leer ek dat ons as gelowiges nie net fyn ingestem moet wees teenoor ander mense nie, maar dat ons ook moet weet hoe God ons eie liggame sien. Hy skryf in 1 Korintiërs 6:18-20 dat ons nie aan onsself behoort nie. Ons liggame is lewende, bewegende tempels van God. Daarom moet ons groot respek vir ons eie liggame hê. Ons kan nie daarmee maak wat ons wil nie. Ook nie met dié van ander nie. Ons almal, wat deur Christus gekoop is, se liggame is onder nuwe bestuur. Ons almal behoort aan die Here, van kop tot tone.

bottom of page