Ons leef nie op aan almal se verwagtings nie, maar ons respekteer almal
top of page

Ons leef nie op aan almal se verwagtings nie, maar ons respekteer almal


Bruce Lee het iewers gesê:

“I’m not in this world to live up to your expectations and you’re not in this world to live up to mine.”

Inderdaad! Ons word wel opgeroep om aan God se verwagtings te voldoen. Met name roep Hy ons op tot gehoorsaamheid aan Sy Woord. Hy roep ons op om Hom lief te hê en ook ander mense soos onsself. God roep ons altyd en oral op tot ’n hoër standaard - Syne!


Om ander mense lief te hê, beteken nie dat ons almal se beste vriende hoef te wees nie. Ons kan nie. Ons hoef ook nie. Ons moet wel daarna streef om die beste ons in ander mense se teenwoordigheid te wees. Ons doen dit wanneer ons diegene rondom ons hanteer met die nodige eerbied hanteer. Ons respekteer ander se menings, al deel ons dit nie noodwendig nie. Ons minag nie mense, wat anders as onsself glo, dink, praat of optree nie. Dit is arrogant. Naasteliefde vra dat ons altyd spasie vir mekaar skep. Dit vra selfs nog meer as spasie-skep van ons. Dit vra van ons om getrou vir ander mense te bid en om altyd goed te doen aan hulle soos en waar ons kan. Dan leef ons op God se standaard.

bottom of page