Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
top of page

Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief oor die verskil tussen om te buig voor God, en om Hom te volg.
Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
  • Om te buig voor God vra ’n kniebuiging. Om Hom te volg vra ’n totale koersverandering van jou ganse lewe.

  • Om te buig voor God is ’n verklaring. Om Hom te volg is ’n voltydse manier van leef.

  • Om te buig voor die Here vra ’n oomblik of twee van jou tyd. Om Hom te volg vra al jou tyd en jou voltydse lojaliteit.

  • Om te buig voor God sê dat jy sy almag erken. Om Hom te volg sê dat jy sy wil soek in elke gedagte, elke woord en elke keuse wat jy maak.

  • Om te buig voor God is om te verklaar dat Hy presies dit is. Hy is die Een wat jy erken as jou enigste God. Om Hom te volg, is om elke dag jou kruis op te tel en agter Christus aan te stap as Here.

  • Om te buig is om ’n ’n belydenis te maak met jou lyf. Om te volg is om ’n getuie te wees met jou hele lewe.

  • Om te buig voor God is om ’n publieke stelling te maak voor en teenoor ander. Om Hom te volg is om jou belydenis elke dag te beliggaam.

  • Om voor God te buig kom maklik. Om Hom lewenslank te volg vra toewyding, gehoorsaamheid en opoffering.

Jesus se grootste twee woorde is: “Volg My.” Doen dit dan. Volg Hom. Buig voor Hom. Dien Hom. Leef vir Hom. Sterf vir Hom.

bottom of page