• Stephan Joubert

Om nie die laaste woord in te kry nie


Om nie die laaste woord in te kry nie
“If you can’t win an argument, you must win the fight,”

lees ek iewers. Lyk my, party vat dit ernstig op. As ek luister hoe mense mekaar soms in die publiek behandel, en hoe hulle met mekaar en oor mekaar praat, wys dit dat afbrekende taal maklik wen. Dan herinner ek my weer aan die verhaal van Dallas Willard, die Amerikaanse denker wat ’n paar jaar gelede oorlede is. As professor in filosofie is hy een keer tydens ’n lesing woes uitgehaal deur ’n student oor sy eie geloofsoortuigings. Maar hierdie Godvresende professor het niks terug geantwoord nie. ’n Ander student vra hom toe na die tyd hoekom hy nie op hierdie persoonlike aanval gereageer het nie. Willard antwoord toe:

“I am busy practising the spiritual discipline of not always having to say the final word.”

Ek moet sê so iets kom nie maklik nie. Maar dit is die regte roete. Dis om wysheid jou eie te maak, God S’n. Om nie goor woorde met goor woorde te vergeld nie, is om reg te leef. Ons hoef nie straatvegter vir die waarheid te wees nie. Ons lê altyd ‘n goeie getuienis af vir die Here; ons stry en baklei nie.

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: