Om Jesus nie te herken nie, is om Hom nie te erken nie
top of page

Om Jesus nie te herken nie, is om Hom nie te erken nie


Ek lees iewers hoedat die formule 1-kampioen, Ayrton Senna, deur ’n Britse verkeersman voorgekeer is, toe hy die spoedgrens oortree het. Die amptenaar het hom nie herken nie. Toe vra hy vir die jagende motoris of hy dink hy is Nigel Mansell, ’n ewe beroemde renjaer? Hierop het Senna geantwoord: “No, I am faster than he!” Toe snap die verkeersman eers met wie hy praat.


Jesus is ook dikwels nie herken nie. Die mense van Nasaret het gedink Hy is sommer net een van hulle, soos wat ons lees in Markus 6. Party van Sy opponente het Hom selfs vir die duiwel aangesien, soos wat Markus 3 vertel. Hulle het Hom beledig en uitgeskel vir alles wat sleg is. Nog ander het Jesus aan ’n houtkruis vasgespyker om Hom stil te kry. Maar Goddank, baie mense het Jesus wel herken. Hulle het Hom ook erken vir wie Hy regtig is. Vandag nog gebeur beide reaksies in Jesus se nabyheid. Miskenning en herkenning volg Hom steeds. Om Jesus te herken, is om Hom te erken en om Hom te dien as die Seun van God. Om Jesus te herken, is om Hom te volg as Heer. Doen dit!

bottom of page